Tuesday, 18 October 2011

RESTOURASIE EN MOOI HOUTWERK

Wonder of hier 'n foto kan in?
Lyk tog moontlik. Hierdie is een van my nuwe ontwerpe. Vir die baie keer as die krag afgaan. Ek het sommer 'n hele paar hiervan in my huis opgesit. Ware lengte soos 'n kers.

















Dit is een van die mooiste kombuise wat ek gebou het. Is gemaak van Soliede Kiaat hout. net loodglasvenstertjies.
Ek baie trots op hierdie kombuis.





Monday, 10 October 2011

NUWE JAAR MET NUWE GEDAGTES

Wat 'n wonder jaar!! Jy wonder hoe het die jaar begin! Dan besef jy die jaar is amper verby. Wat 'n jaar was die jaar 2011 nie. Kortweg seker die meeste begrafnisse vir 'n redelike tydjie. Meestal ou mensies wat gaan. Tog hier en daar iemand wat "te" jonk was.

Met die houtwerk is daar baie interessante projekte wat ontstaan het. Die behandel en herstel van die NG Kerk se groot vensters was nogal 'n uitdaging. Veral as in ag geneem word dat die bokant van die vensters sowat 12 meter van die grond af is. Net te hoog om van 'n leer af te werk. Ek nou al 75% klaar. Vervang ook die stukkende ruitjies in die loodglas vensterstjies. Dis nogal 'n tydrowende stukkie werk. Seker nou al sowat 15 ruitjies vervang. Die houtrame van die vensters word deeglik geskuur en dan oorgeverf. Dit is baie jare terug al vir die eerste keer geverf. Baie van die stopverf is so los dat dit sommer vanself uitgeval het. Die word dan ook vervang.

Dan wat die musiek betref. My dierbare moeder hert 'n skat van musiek nagelaat op magneetbandjies. Baie daarvan het sy haarself  opgeneem. Sommige van haar sang. Ander weer met klavierspel. Dis nogal 'n groot werk om die bandjies oor te sit na CD's toe. Daar is ongeveer 30 bandjies met haar eie musiek daarop. In ag genome die opneem apparaat wat in daardie jare - 1957 tot so 1980 - beskikbaar was. Is van die opnames van baie goeie kwaliteit. Die oorskakel en verwyder van ongewenste klap en krap geluide neem ure se redigering. Nogtans vorder ek daarmee. Die eerste CD's het ek reeds aan broers en familie versprei. Werk tans aan die nuwe CD's.

Levitikus:
Dink nie daar is baie mense wat al 'n intense studie van Levitikus gedoen het nie. Dis tog hoogs aan te bevele. Die agtergrond kennis en insig wat uit die studies gekom het, het die hele benadering en begrip van tot die Nuwe Testament totaal verander. Wil ook nie te veel hier uitlap daaroor nie. Tog daag ek die uit wat dalk die stukkie onder oë kry, om so 'n studie aan te pak. Dan kan ons weer gesels. Sterkte en geniet die intense begripservaring!!!

Die gedagte van "Oupa" word het ook nou skielik ter sprake gekom. Baie sterkte aan my liewe dogter met hierdie ongelooflike ervaring waaraan sy nou onderwerp word. Ook die verantwoordelikhede wat nou skielik uitpeul. Ja!! Ouerskap in hierdie eeu - en veral in die land waar sy nou woon, gaan ongekende eise aan haar stel. Omdat ons gelowige mense is, sien ons dit ook uit die oogpunt van gelowiges. Ander gelowe het hulle eie siening van die saak van ouerskap. Vir ons as gelowiges, is dat 'n  Genadegawe vanuit die Hemel - Deur die Groot en wonderlike God bepaal en geskep. Gevorm en netjies en goed gemaak. Daarom dat daar dan verantwoordelikheid ook by die ouers rus om hierdie kindjie in die bepalings en voorskrifte van die Heilige God te onderrig. As jy beweer dat jy glo - Dan is dit jou taak om daaraan gehoor te gee. Baie sterkte aan my kind wat dalk alleen hierdie verantwoordelikheid sal moet dra..

Tot ons weer kuier by die BLogg!! Baie Liefde en groete!!!