Sunday, 20 February 2011

Musiek! Houtwerk en Rekenaars!

Baie min mense sal hierdie 3 - Musiek, rekenaars en houwerk bymekaar kan bring. Tog was dit so met my hele lewe. Die grootste deel van my bestaan - 'n houtwerkonderwyser. Tog het musiek so deel van lewe geword dat ek nie kan dink hoe ek daarsonder sal funksioneer nie. Sien - my eie moeder was die bron en planter van die musiek in my lewe. Ek het daarmee groot geword. Kan onthou toe ek musiek geneem het by die skool. Die kern van daardie "musiek" was Oefen en Oefen en oefen. Omdat my moeder self musiekonderwyseres was, kon daar nie smiddae ge-oefen word nie. Daarom was die oefentyd van 5 uur in die oggend tot 6. Winter en somer. Nadat my moeder oorlede is, het ek haar klavier en baie baie musiekboeke ge-erf. Van daardie boeke is seker "musiekAfrikana" Heelwat van hulle het datums in van in die 1880 to 1950's Dan weer baie ander met latere datums. Sou dit graag wou deel met iemand wat weer groot waarde daaran sal heg. Vandag speel ek net vir my eie plesier en genot klavier en orrel. 
Die rekenaars in my bestaan vertel ook 'n besondere verhaal. Reeds in 1982 - 1983 my eerste rekenaar gekoop. Gou was dit 'n onmisbare instrument. Vir die opstel van toetse en eksamens. Met 'n Epson drukker - waarvan die lint uitgehaal is - het ons wasvelle gedruk (tik) om die toetse en eksamenvraestelle dan af te rol met 'n afrolmasjien. Min nuwe onderwysers ken nog daardie soort apparaat. Toe het ek 'n vraebank daarop begin saamstel. Tyd en spasi loop uit. Vandag se rekenaars het weer totaal nuwe gebruike en funksies wat ongelooflike tegnologie gebruik. Kan tot van aangesig tot aangesig met my kinders gesels - al is sy in Nederland. Ons hoor en sien mekaar en gesels te heerlik. 
Verseker is daar drie komponenet nog steeds my daaglikse brood en botter en konfyt - of plesier.
Baie groete
ET  .

Thursday, 10 February 2011

FREESTATE --------------- VRYSTAAT !!!!!!!!!!!!!

Weer na aanleiding van my ry deur die Vrystaat. Many years ago, I decided to start a touring business in the Freestate. Because I know the Freestate quite well I copied pamphlets. Then it stopped.
Hierdie laaste maand het ek seker al twee of drieduisend myl in die Vrystaat gery. Nie te lank terug is ons nas die twee grootste damme in Suid-Afrika. Die Van der Kloofdam en die Gariep. uit en tuis net oor die duisend km. Toe weer 'n troue na Bethlehem en oornag in Bamboeskloof naby Fouriesburg. En toe weer die trip na Standerton. Groot deel in die Vrystaat. Ek ken die Vrystaat baie goed - ek is immers hier gebore - getoë - geskool - gekollege - geskoolhou - gekerk en gekuier.  Laat ek nou iets bieg - Soos die Vrystaat hierdie jaar lyk - van Suid tot noord - het dit in jare nie so gelyk nie. Voel soos 'n vreemde provinsie.. So mooi is die hele Vrystaat dat mens sommer te veel rondkyk. Alles - die gras - die bossies - die struike - die bome - selfs die gras het die ongelooflikste skakerings van groen waaraan jy kan dink. Tog ongelooflik dat nie een plant dieselfde groen het as die ander nie. 
Die ander wonderlike ervaring is die lengte van die gras. Selfs hier op die sypaadjies van my erf. Hoër as my motor. Tamboekiegras lyk hierdie jaar soos jong riete. 
Dan is daar ook nog die mees fantastiese sonsopkomste en ondergang. Veral met die baie wolke wat in die lug ronddryf. Dis verstommend om na kleurskemas wat ontstaan uit die gewone lug en sonspelings. Gee vir my die Vrystaat. Veral as die spruite met soveel krag en stormende water afkom. Ek kan my verkyk aan die massas water wat oor die damwalle warrel en bruis en sproeiwolke die lug laat inrol en walm. Wat 'n gesig!!!! Kom kyk. En geniet. My Vrystaa.!!!      Haak Vrystaat!!!.

Tuesday, 8 February 2011

VRYSTAAT PAAIE - Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! en WAG

Vandag seker so by die 700km gery op meestal Vrystaat paaie. Die verrassings het net nooit opgehou nie. Vertrek so 5 uur vanoggend vanaf Ventersburg na Standerton. Besluit om die roete oor Senekal en Bethlehem te kies. Die pad tussen Ventersburg en Senekal, is 'n stukkie pad wat ek nogal heelwat die afgelope tyd gery het. Skielik, seker weens die reen, is daar redelike groot slaggate elke dan en wan. Hoop die betrokke departement in beheer van paaie neem kennis. Die agteruitgang van die stukkie pad, is heel drasties! Tog darem veilig in Senekal aangekom.
Vanaf Senekal - 'n nuwe (ou) verrassing!! Baie geluk aan die kontrakteurs wat to uiteindelik die stukkie pad  voltooi het. Die verrassing het net groter geword. Na seker ongeveer 13 jaar - kan bietjie korter - of selfs bietjie langer wees - is die pad na Bethlehem RYBAAR!! Boonop nogal 'n plesier! Baie dankie aan die Departement van Polisie paaie en vervoer.  Wonder wat was die aandeel van minister mnr. TM Manyoni. Vir die plesier my geluk.
Van korte duur was die plesier. Net na Bethlehem het ons pad gevat na Warden. Hier het die groot probleme begin. Kort voor lank loop ons ons vas in Stoptekens in die middel van groot massiewe padwerke. Seker dit gaan vir die volgende 20 jaar aanhou. Tussen slaggate en stoptekens en die EWIGE GEWAG, was dit gou duidelik dat ons ons afspraak gaan misloop. Daar was nie meer 'n kans om betyds in Standerton te kom nie. Spoed is nie deel van hierdie paaie nie. Dit was baie duidelik dat die swak paaie nie die gevolg is van die baie reen nie. 
Na Warden is oor die N3 om die swakste organisasie denkbaar raak te loop op die pad na Vrede. Op hierdie stadium het ons gedink; SLEGTER kan dit nie. Nog nie die einde van die verrassings nie.  Want toe vat ons die laaste stuk vanaf Vrede na Standerton. 'n Skamele 56 km. Normaalweg op 'n redelike pad - 'n afstand wat nie langer as so 35 minute behoort te neem nie. Dis dan ook hier - tydens een van die LAAAANNG stoppe dat ons ons afspraak moes inlig dat ons meer as 'n uur laat gaan wees. Nodeloos om te berig: Die ent van 338 km kon nie in 4 uur voltooi word nie. NEE!! Verbeel jou!!! Langer as 5 uur. Watter regdenkende persoon kan in die "Een-en-twintigste eeu" so 'n som maak? Skandelik - Nou vou die minister en sy totale padbestuur in sy volle totaliteit. 
Tog darem sekere sake afgehandel - sonder die AFSPRAAK!! Besluit ons om liewer nie met dieselfde pad terug te ry nie. Daar is egter nie kort paaie vanaf Standerton terug na Ventersburg nie. Ons swaai die neus na Johannesburg. R25 is die pad nommer. Nou is ons nie in die Vrystaat nie. Ons vorder redelik. Selfs die Grondpad na Villiers was "geskraap" Vrystaat Departement - stuur iemand om te gaan kyk hoe werk 'n padskraper - en stuur dit dan asseblief na die pad vanaf Ventersburg na Steynsrys!!! Villiers lê in die Vrystaat. Die padverantwoordelikheid van die geagte minister van Polisie, paaie en vervoer. Daar het die nagmerrie skielik weer aangegaan. Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry!Stop en ry!Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! Selfs een keer gesit en wag dat die EEN wat die stopteken moes omdraai - haar koeldrank klaar drink - totdat sy LUS was om die teken om te draai. NOu het dit so gegaan tot in Edenville. Gelukkig is die pad redelik herstel tot in Kroonstad. Toe vat ons die RYKMANS N1 - genadiglik is daar nie tolgeld tussen Kroonstad en Ventersburg nie. Volle 11 en half uur op die pad van Stop en ry!  En WAG! Wonder hoeveel manure is so net vandag GEMORS!!!! ???

Sunday, 6 February 2011

Ek lief my taal met al sy eienaardighede

Het nou te lekker met Toela gesels. Tog wonderlik hoe die internet die aarde laat krimp tot binne in jou studeerkamer. Om binne 'n paar sekonders kontak te maak met jou kinders daar in die anderkant van die aardbol. Eers die selfoon. Die sms het presies 1 sekond geneem om tot daar en terug te kom. Daarna het ons mekaar kon sien en lekker gesels. 
Het die naweek in Bloemfontein gaan kuier. Die middag so om en by 4h30 vertrek en rustig soontoe gery. Die aand het ons saam met Eben te heerlik vleisie gebraai. Was baie lekker.
Klein Dolf - wat noe al groot is - het ook daar gebraai en gekuier. Hy het eintlik vir Eben gehelp om 'n nuwe afdak op te sit. 
Sondag heerlik kerk toe gegaan met Adéle en Eben en Susan en Dolfie. Ons is na die kerk in Estoire. Was baie lekker. Daarna het ons ons by hulle gaan eet. Net na ete is ek terug huis toe. 
Hierdie week weer baie werk wat wag en hoop ek om dit alles voltooi te kry. Werk op die oomblik aan 'n hele klomp stoele. Twee van Imbuia en 10 van Stinkhout. Sommige is baie lendelam en is daar van die bene af.
Wonder of daar nog nie iemand is wat graag sal wil leer hoe om allerhande meubelstukke reg te maak tot nuut.
Baie groete
Die man met die kop vir hout.  .

Tuesday, 1 February 2011

My eie baas.

1 Februarie 2011 is nou die amptelike begin datum van terugkeer na houtwerk. Iewers op die internet sweef daar ook kursusse rond wat ek sou aanbied. dit het nie regtig realiseer nie, omdat ek nie voltyds in my werkswinkel was nie. 

1 February 2011 is the day that I started at new in my workshop. Woodwork is one of my passions. To Teach is another. It would be wonderful to teach someone with a passion for woodwork. Somewhere in this monstrous world of internet are woodwork courses which I planned. If someone is really interested I would by glad to hear from you. I am am not so fluent with English.

If you can make something with your hands.
And you can do it good!!
You will always have work and something to eat.





Ek Groet die wat hier lees - Greeting to who ever read this!!!

Vir baie jare is dit my skuilnaam!! " Die Houtkop" Vir eers vir die wat Afrikaans kan lees; waardeer en verstaan. My belangstelling: Houtwerk en Goeie Humoristiese Afrikaans.; Bybel en geloofsake! 
Ek kan myself aanmatig as 'n Meester Kabinetmaker! Met oor die 40 jaar se ondervinding in restourasie en maak van eersteklas houtwerk. 
Ek woon in die Vrystaat - baie na aan die middel -  in die mooi dorpie: Ventersburg.
Ek het drie kinders: Die oudste werk in Parys - OVS- Die middelste is 'n dogter wat woon in Nederland. Dan die jongste is in Bloemfontein.

Uiteindelik my eie Webwerf

Hallo aan wie ook al _ Hallo to whom it concern!
My naam is Eben Theron en ek woon in die Vrystaat in die dorp Ventersburg. My belangstellings is:
            Houtwerk; Afrikaans; musiek en selfstandige entrepreneurskap.

Vir enig navrae in die verband gesels hier met my.