Weer na aanleiding van my ry deur die Vrystaat. Many years ago, I decided to start a touring business in the Freestate. Because I know the Freestate quite well I copied pamphlets. Then it stopped.
Hierdie laaste maand het ek seker al twee of drieduisend myl in die Vrystaat gery. Nie te lank terug is ons nas die twee grootste damme in Suid-Afrika. Die Van der Kloofdam en die Gariep. uit en tuis net oor die duisend km. Toe weer 'n troue na Bethlehem en oornag in Bamboeskloof naby Fouriesburg. En toe weer die trip na Standerton. Groot deel in die Vrystaat. Ek ken die Vrystaat baie goed - ek is immers hier gebore - getoë - geskool - gekollege - geskoolhou - gekerk en gekuier. Laat ek nou iets bieg - Soos die Vrystaat hierdie jaar lyk - van Suid tot noord - het dit in jare nie so gelyk nie. Voel soos 'n vreemde provinsie.. So mooi is die hele Vrystaat dat mens sommer te veel rondkyk. Alles - die gras - die bossies - die struike - die bome - selfs die gras het die ongelooflikste skakerings van groen waaraan jy kan dink. Tog ongelooflik dat nie een plant dieselfde groen het as die ander nie.
Die ander wonderlike ervaring is die lengte van die gras. Selfs hier op die sypaadjies van my erf. Hoër as my motor. Tamboekiegras lyk hierdie jaar soos jong riete.
Dan is daar ook nog die mees fantastiese sonsopkomste en ondergang. Veral met die baie wolke wat in die lug ronddryf. Dis verstommend om na kleurskemas wat ontstaan uit die gewone lug en sonspelings. Gee vir my die Vrystaat. Veral as die spruite met soveel krag en stormende water afkom. Ek kan my verkyk aan die massas water wat oor die damwalle warrel en bruis en sproeiwolke die lug laat inrol en walm. Wat 'n gesig!!!! Kom kyk. En geniet. My Vrystaa.!!! Haak Vrystaat!!!.
hehehe..die is 'n mooi stukkie! ek se nog altyd mense besef nie die rykdom van die vrystaat nie. Mis my provinsietje...mis my land!
ReplyDelete