Sunday, 27 November 2011
DIE HOUTMEESTER AAN DIE WOORD
Tyd het my vannaand ingehaal. Wou so graag baie vertel. Vanmiddag was daar 'n opregte Vrystaatse Stofstorm in Ventersburg en omgewing. Was nogal erg by die Willem Pretorius Wildtuin. Sal later weer verder kuier.
Tuesday, 18 October 2011
RESTOURASIE EN MOOI HOUTWERK
Wonder of hier 'n foto kan in?
Lyk tog moontlik. Hierdie is een van my nuwe ontwerpe. Vir die baie keer as die krag afgaan. Ek het sommer 'n hele paar hiervan in my huis opgesit. Ware lengte soos 'n kers.
Dit is een van die mooiste kombuise wat ek gebou het. Is gemaak van Soliede Kiaat hout. net loodglasvenstertjies.
Ek baie trots op hierdie kombuis.

Monday, 10 October 2011
NUWE JAAR MET NUWE GEDAGTES
Wat 'n wonder jaar!! Jy wonder hoe het die jaar begin! Dan besef jy die jaar is amper verby. Wat 'n jaar was die jaar 2011 nie. Kortweg seker die meeste begrafnisse vir 'n redelike tydjie. Meestal ou mensies wat gaan. Tog hier en daar iemand wat "te" jonk was.
Met die houtwerk is daar baie interessante projekte wat ontstaan het. Die behandel en herstel van die NG Kerk se groot vensters was nogal 'n uitdaging. Veral as in ag geneem word dat die bokant van die vensters sowat 12 meter van die grond af is. Net te hoog om van 'n leer af te werk. Ek nou al 75% klaar. Vervang ook die stukkende ruitjies in die loodglas vensterstjies. Dis nogal 'n tydrowende stukkie werk. Seker nou al sowat 15 ruitjies vervang. Die houtrame van die vensters word deeglik geskuur en dan oorgeverf. Dit is baie jare terug al vir die eerste keer geverf. Baie van die stopverf is so los dat dit sommer vanself uitgeval het. Die word dan ook vervang.
Dan wat die musiek betref. My dierbare moeder hert 'n skat van musiek nagelaat op magneetbandjies. Baie daarvan het sy haarself opgeneem. Sommige van haar sang. Ander weer met klavierspel. Dis nogal 'n groot werk om die bandjies oor te sit na CD's toe. Daar is ongeveer 30 bandjies met haar eie musiek daarop. In ag genome die opneem apparaat wat in daardie jare - 1957 tot so 1980 - beskikbaar was. Is van die opnames van baie goeie kwaliteit. Die oorskakel en verwyder van ongewenste klap en krap geluide neem ure se redigering. Nogtans vorder ek daarmee. Die eerste CD's het ek reeds aan broers en familie versprei. Werk tans aan die nuwe CD's.
Levitikus:
Dink nie daar is baie mense wat al 'n intense studie van Levitikus gedoen het nie. Dis tog hoogs aan te bevele. Die agtergrond kennis en insig wat uit die studies gekom het, het die hele benadering en begrip van tot die Nuwe Testament totaal verander. Wil ook nie te veel hier uitlap daaroor nie. Tog daag ek die uit wat dalk die stukkie onder oë kry, om so 'n studie aan te pak. Dan kan ons weer gesels. Sterkte en geniet die intense begripservaring!!!
Die gedagte van "Oupa" word het ook nou skielik ter sprake gekom. Baie sterkte aan my liewe dogter met hierdie ongelooflike ervaring waaraan sy nou onderwerp word. Ook die verantwoordelikhede wat nou skielik uitpeul. Ja!! Ouerskap in hierdie eeu - en veral in die land waar sy nou woon, gaan ongekende eise aan haar stel. Omdat ons gelowige mense is, sien ons dit ook uit die oogpunt van gelowiges. Ander gelowe het hulle eie siening van die saak van ouerskap. Vir ons as gelowiges, is dat 'n Genadegawe vanuit die Hemel - Deur die Groot en wonderlike God bepaal en geskep. Gevorm en netjies en goed gemaak. Daarom dat daar dan verantwoordelikheid ook by die ouers rus om hierdie kindjie in die bepalings en voorskrifte van die Heilige God te onderrig. As jy beweer dat jy glo - Dan is dit jou taak om daaraan gehoor te gee. Baie sterkte aan my kind wat dalk alleen hierdie verantwoordelikheid sal moet dra..
Tot ons weer kuier by die BLogg!! Baie Liefde en groete!!!

Saturday, 21 May 2011
DIE EINDE VAN DIE AARDE //// THE END OF THE WORLD
I am not English but I will try to put some of my thoughts in English.
In the world there are as many thoughts about the end of the world as there are people who think about this. Today, according to a certain mr. Johannes, 21 May 2011, will be the last day of the world. For someone to publish this, he must be very certain about his words. I will be the last man to say that this will not happen. But I am also very certain that the time is not today. For sure!! It was good to see and hear all that was said and published. Just for the simple reason that now a lot of people talk and THINK about this very wonderful thing that IS going to happen. For Christians it is suppose to be the ultimate longing. But for the "world" it is something to make a joke! It is so sad that there are so many many people that does not feel and believe that the coming of Christ is going to happen. perhaps today - perhaps not today. somewhere in the future -
Please World listen and give some attention to this!!
Bye

Sunday, 15 May 2011
Nog 'n Stukkie uit die Houtkop!!
Vir baie jare is dit my skuilnaam!! " Die Houtkop" Vir eers vir die wat Afrikaans kan lees; waardeer en verstaan. My belangstelling: Houtwerk en Goeie Humoristiese Afrikaans.; Bybel en geloofsake! en Musiek!
Ek kan myself aanmatig as 'n Meester Kabinetmaker! Met oor die 40 jaar se ondervinding in restourasie en maak van eersteklas houtwerk.
Ek woon in die Vrystaat - baie na aan die middel - in die mooi dorpie: Ventersburg.
Verstaan nog nie mooi hoe daar meer mense na die webblaai gaan kyk nie. Tog geniet ek die skryf op die Webtuiste. Bietjie nuus uit Ventersburg. Vir die eerste keer vandat ek hier woon. Het dit so baie gereen dat die dam - Allemanskraaldam - nou oorloop, vanaf die 16de Desember 2010, dit loop vandag steeds oor. Dis 'n heerlike gesig om die rivier so te sien loop. Vir ons wat nie so baie water gewoond is nie. Lyk ook Ventersburg totaal anders. Die grond agter in my erf is so nat dat daar oral mos groei. Dis ongelooflik hoe groen dit die afgelope tyd in ons dorpie is.
Tog het die baie water ook sy nadele. Elke klein gaatjie op die paaie wat water kry word sommer gou-gou 'n donga. Veral omdat daar so baie Departemente is die Vrystaat se regering is wat nie hulle werk doen nie. Dis veral die "Grootkopppe" in die departemente wat nalaat om toe te sien dat werk gedoen moet word. Veral die paaie departement versuim skandelik om hulle werk te doen. Gaan my verstand te bowe. Maar ek weet daar sal weer die een en ander hofsake kom voor die paaie herstel sal word. Die reen het dit net baie vererger. Die pad tussen Ventersburg en Senekal het die afgelope week seker 'n tiental bande geëis. Amper ook een van my nuwe bande. Dis die allergrootste gate in die paaie. Skandelik vir die minister van paaie.
Wens daar was 'n plek waar mens die versuim van pligte van die regerende departemente met meer sukses kon aanmeld. Ongelukkig werk selfs die "klagtedepartement" ook nie meer nie. Jy kan byne enige plek in die Vrystaat besoek en daar sal die agterblewe werke duidelik tot die oog se lens kom. Kan nie verstaan dat agteruitgang nie raakgesien en aangespreek kan word deur die mense nie. Skandalig is die woord.
Selfs die inligting op die Webblaaie in die Vrystaat is tot sover as 6 jaar agter.
Baie groete!!!

Sunday, 20 February 2011
Musiek! Houtwerk en Rekenaars!
Baie min mense sal hierdie 3 - Musiek, rekenaars en houwerk bymekaar kan bring. Tog was dit so met my hele lewe. Die grootste deel van my bestaan - 'n houtwerkonderwyser. Tog het musiek so deel van lewe geword dat ek nie kan dink hoe ek daarsonder sal funksioneer nie. Sien - my eie moeder was die bron en planter van die musiek in my lewe. Ek het daarmee groot geword. Kan onthou toe ek musiek geneem het by die skool. Die kern van daardie "musiek" was Oefen en Oefen en oefen. Omdat my moeder self musiekonderwyseres was, kon daar nie smiddae ge-oefen word nie. Daarom was die oefentyd van 5 uur in die oggend tot 6. Winter en somer. Nadat my moeder oorlede is, het ek haar klavier en baie baie musiekboeke ge-erf. Van daardie boeke is seker "musiekAfrikana" Heelwat van hulle het datums in van in die 1880 to 1950's Dan weer baie ander met latere datums. Sou dit graag wou deel met iemand wat weer groot waarde daaran sal heg. Vandag speel ek net vir my eie plesier en genot klavier en orrel.
Die rekenaars in my bestaan vertel ook 'n besondere verhaal. Reeds in 1982 - 1983 my eerste rekenaar gekoop. Gou was dit 'n onmisbare instrument. Vir die opstel van toetse en eksamens. Met 'n Epson drukker - waarvan die lint uitgehaal is - het ons wasvelle gedruk (tik) om die toetse en eksamenvraestelle dan af te rol met 'n afrolmasjien. Min nuwe onderwysers ken nog daardie soort apparaat. Toe het ek 'n vraebank daarop begin saamstel. Tyd en spasi loop uit. Vandag se rekenaars het weer totaal nuwe gebruike en funksies wat ongelooflike tegnologie gebruik. Kan tot van aangesig tot aangesig met my kinders gesels - al is sy in Nederland. Ons hoor en sien mekaar en gesels te heerlik.
Verseker is daar drie komponenet nog steeds my daaglikse brood en botter en konfyt - of plesier.
Baie groete
ET .

Thursday, 10 February 2011
FREESTATE --------------- VRYSTAAT !!!!!!!!!!!!!
Weer na aanleiding van my ry deur die Vrystaat. Many years ago, I decided to start a touring business in the Freestate. Because I know the Freestate quite well I copied pamphlets. Then it stopped.
Hierdie laaste maand het ek seker al twee of drieduisend myl in die Vrystaat gery. Nie te lank terug is ons nas die twee grootste damme in Suid-Afrika. Die Van der Kloofdam en die Gariep. uit en tuis net oor die duisend km. Toe weer 'n troue na Bethlehem en oornag in Bamboeskloof naby Fouriesburg. En toe weer die trip na Standerton. Groot deel in die Vrystaat. Ek ken die Vrystaat baie goed - ek is immers hier gebore - getoë - geskool - gekollege - geskoolhou - gekerk en gekuier. Laat ek nou iets bieg - Soos die Vrystaat hierdie jaar lyk - van Suid tot noord - het dit in jare nie so gelyk nie. Voel soos 'n vreemde provinsie.. So mooi is die hele Vrystaat dat mens sommer te veel rondkyk. Alles - die gras - die bossies - die struike - die bome - selfs die gras het die ongelooflikste skakerings van groen waaraan jy kan dink. Tog ongelooflik dat nie een plant dieselfde groen het as die ander nie.
Die ander wonderlike ervaring is die lengte van die gras. Selfs hier op die sypaadjies van my erf. Hoër as my motor. Tamboekiegras lyk hierdie jaar soos jong riete.
Dan is daar ook nog die mees fantastiese sonsopkomste en ondergang. Veral met die baie wolke wat in die lug ronddryf. Dis verstommend om na kleurskemas wat ontstaan uit die gewone lug en sonspelings. Gee vir my die Vrystaat. Veral as die spruite met soveel krag en stormende water afkom. Ek kan my verkyk aan die massas water wat oor die damwalle warrel en bruis en sproeiwolke die lug laat inrol en walm. Wat 'n gesig!!!! Kom kyk. En geniet. My Vrystaa.!!! Haak Vrystaat!!!.

Tuesday, 8 February 2011
VRYSTAAT PAAIE - Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! en WAG
Vandag seker so by die 700km gery op meestal Vrystaat paaie. Die verrassings het net nooit opgehou nie. Vertrek so 5 uur vanoggend vanaf Ventersburg na Standerton. Besluit om die roete oor Senekal en Bethlehem te kies. Die pad tussen Ventersburg en Senekal, is 'n stukkie pad wat ek nogal heelwat die afgelope tyd gery het. Skielik, seker weens die reen, is daar redelike groot slaggate elke dan en wan. Hoop die betrokke departement in beheer van paaie neem kennis. Die agteruitgang van die stukkie pad, is heel drasties! Tog darem veilig in Senekal aangekom.
Vanaf Senekal - 'n nuwe (ou) verrassing!! Baie geluk aan die kontrakteurs wat to uiteindelik die stukkie pad voltooi het. Die verrassing het net groter geword. Na seker ongeveer 13 jaar - kan bietjie korter - of selfs bietjie langer wees - is die pad na Bethlehem RYBAAR!! Boonop nogal 'n plesier! Baie dankie aan die Departement van Polisie paaie en vervoer. Wonder wat was die aandeel van minister mnr. TM Manyoni. Vir die plesier my geluk.
Van korte duur was die plesier. Net na Bethlehem het ons pad gevat na Warden. Hier het die groot probleme begin. Kort voor lank loop ons ons vas in Stoptekens in die middel van groot massiewe padwerke. Seker dit gaan vir die volgende 20 jaar aanhou. Tussen slaggate en stoptekens en die EWIGE GEWAG, was dit gou duidelik dat ons ons afspraak gaan misloop. Daar was nie meer 'n kans om betyds in Standerton te kom nie. Spoed is nie deel van hierdie paaie nie. Dit was baie duidelik dat die swak paaie nie die gevolg is van die baie reen nie.
Na Warden is oor die N3 om die swakste organisasie denkbaar raak te loop op die pad na Vrede. Op hierdie stadium het ons gedink; SLEGTER kan dit nie. Nog nie die einde van die verrassings nie. Want toe vat ons die laaste stuk vanaf Vrede na Standerton. 'n Skamele 56 km. Normaalweg op 'n redelike pad - 'n afstand wat nie langer as so 35 minute behoort te neem nie. Dis dan ook hier - tydens een van die LAAAANNG stoppe dat ons ons afspraak moes inlig dat ons meer as 'n uur laat gaan wees. Nodeloos om te berig: Die ent van 338 km kon nie in 4 uur voltooi word nie. NEE!! Verbeel jou!!! Langer as 5 uur. Watter regdenkende persoon kan in die "Een-en-twintigste eeu" so 'n som maak? Skandelik - Nou vou die minister en sy totale padbestuur in sy volle totaliteit.
Tog darem sekere sake afgehandel - sonder die AFSPRAAK!! Besluit ons om liewer nie met dieselfde pad terug te ry nie. Daar is egter nie kort paaie vanaf Standerton terug na Ventersburg nie. Ons swaai die neus na Johannesburg. R25 is die pad nommer. Nou is ons nie in die Vrystaat nie. Ons vorder redelik. Selfs die Grondpad na Villiers was "geskraap" Vrystaat Departement - stuur iemand om te gaan kyk hoe werk 'n padskraper - en stuur dit dan asseblief na die pad vanaf Ventersburg na Steynsrys!!! Villiers lê in die Vrystaat. Die padverantwoordelikheid van die geagte minister van Polisie, paaie en vervoer. Daar het die nagmerrie skielik weer aangegaan. Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry!Stop en ry!Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! Selfs een keer gesit en wag dat die EEN wat die stopteken moes omdraai - haar koeldrank klaar drink - totdat sy LUS was om die teken om te draai. NOu het dit so gegaan tot in Edenville. Gelukkig is die pad redelik herstel tot in Kroonstad. Toe vat ons die RYKMANS N1 - genadiglik is daar nie tolgeld tussen Kroonstad en Ventersburg nie. Volle 11 en half uur op die pad van Stop en ry! En WAG! Wonder hoeveel manure is so net vandag GEMORS!!!! ???

Sunday, 6 February 2011
Ek lief my taal met al sy eienaardighede
Het nou te lekker met Toela gesels. Tog wonderlik hoe die internet die aarde laat krimp tot binne in jou studeerkamer. Om binne 'n paar sekonders kontak te maak met jou kinders daar in die anderkant van die aardbol. Eers die selfoon. Die sms het presies 1 sekond geneem om tot daar en terug te kom. Daarna het ons mekaar kon sien en lekker gesels.
Het die naweek in Bloemfontein gaan kuier. Die middag so om en by 4h30 vertrek en rustig soontoe gery. Die aand het ons saam met Eben te heerlik vleisie gebraai. Was baie lekker.
Klein Dolf - wat noe al groot is - het ook daar gebraai en gekuier. Hy het eintlik vir Eben gehelp om 'n nuwe afdak op te sit.
Sondag heerlik kerk toe gegaan met Adéle en Eben en Susan en Dolfie. Ons is na die kerk in Estoire. Was baie lekker. Daarna het ons ons by hulle gaan eet. Net na ete is ek terug huis toe.
Hierdie week weer baie werk wat wag en hoop ek om dit alles voltooi te kry. Werk op die oomblik aan 'n hele klomp stoele. Twee van Imbuia en 10 van Stinkhout. Sommige is baie lendelam en is daar van die bene af.
Wonder of daar nog nie iemand is wat graag sal wil leer hoe om allerhande meubelstukke reg te maak tot nuut.
Baie groete
Die man met die kop vir hout. .

Tuesday, 1 February 2011
My eie baas.
1 Februarie 2011 is nou die amptelike begin datum van terugkeer na houtwerk. Iewers op die internet sweef daar ook kursusse rond wat ek sou aanbied. dit het nie regtig realiseer nie, omdat ek nie voltyds in my werkswinkel was nie.
1 February 2011 is the day that I started at new in my workshop. Woodwork is one of my passions. To Teach is another. It would be wonderful to teach someone with a passion for woodwork. Somewhere in this monstrous world of internet are woodwork courses which I planned. If someone is really interested I would by glad to hear from you. I am am not so fluent with English.
If you can make something with your hands.
And you can do it good!!
You will always have work and something to eat.

Ek Groet die wat hier lees - Greeting to who ever read this!!!
Vir baie jare is dit my skuilnaam!! " Die Houtkop" Vir eers vir die wat Afrikaans kan lees; waardeer en verstaan. My belangstelling: Houtwerk en Goeie Humoristiese Afrikaans.; Bybel en geloofsake!
Ek kan myself aanmatig as 'n Meester Kabinetmaker! Met oor die 40 jaar se ondervinding in restourasie en maak van eersteklas houtwerk.
Ek woon in die Vrystaat - baie na aan die middel - in die mooi dorpie: Ventersburg.
Ek het drie kinders: Die oudste werk in Parys - OVS- Die middelste is 'n dogter wat woon in Nederland. Dan die jongste is in Bloemfontein.

Uiteindelik my eie Webwerf
Hallo aan wie ook al _ Hallo to whom it concern!
My naam is Eben Theron en ek woon in die Vrystaat in die dorp Ventersburg. My belangstellings is:
Houtwerk; Afrikaans; musiek en selfstandige entrepreneurskap.
Vir enig navrae in die verband gesels hier met my.

Subscribe to:
Comments (Atom)