Tuesday, 8 February 2011

VRYSTAAT PAAIE - Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! en WAG

Vandag seker so by die 700km gery op meestal Vrystaat paaie. Die verrassings het net nooit opgehou nie. Vertrek so 5 uur vanoggend vanaf Ventersburg na Standerton. Besluit om die roete oor Senekal en Bethlehem te kies. Die pad tussen Ventersburg en Senekal, is 'n stukkie pad wat ek nogal heelwat die afgelope tyd gery het. Skielik, seker weens die reen, is daar redelike groot slaggate elke dan en wan. Hoop die betrokke departement in beheer van paaie neem kennis. Die agteruitgang van die stukkie pad, is heel drasties! Tog darem veilig in Senekal aangekom.
Vanaf Senekal - 'n nuwe (ou) verrassing!! Baie geluk aan die kontrakteurs wat to uiteindelik die stukkie pad  voltooi het. Die verrassing het net groter geword. Na seker ongeveer 13 jaar - kan bietjie korter - of selfs bietjie langer wees - is die pad na Bethlehem RYBAAR!! Boonop nogal 'n plesier! Baie dankie aan die Departement van Polisie paaie en vervoer.  Wonder wat was die aandeel van minister mnr. TM Manyoni. Vir die plesier my geluk.
Van korte duur was die plesier. Net na Bethlehem het ons pad gevat na Warden. Hier het die groot probleme begin. Kort voor lank loop ons ons vas in Stoptekens in die middel van groot massiewe padwerke. Seker dit gaan vir die volgende 20 jaar aanhou. Tussen slaggate en stoptekens en die EWIGE GEWAG, was dit gou duidelik dat ons ons afspraak gaan misloop. Daar was nie meer 'n kans om betyds in Standerton te kom nie. Spoed is nie deel van hierdie paaie nie. Dit was baie duidelik dat die swak paaie nie die gevolg is van die baie reen nie. 
Na Warden is oor die N3 om die swakste organisasie denkbaar raak te loop op die pad na Vrede. Op hierdie stadium het ons gedink; SLEGTER kan dit nie. Nog nie die einde van die verrassings nie.  Want toe vat ons die laaste stuk vanaf Vrede na Standerton. 'n Skamele 56 km. Normaalweg op 'n redelike pad - 'n afstand wat nie langer as so 35 minute behoort te neem nie. Dis dan ook hier - tydens een van die LAAAANNG stoppe dat ons ons afspraak moes inlig dat ons meer as 'n uur laat gaan wees. Nodeloos om te berig: Die ent van 338 km kon nie in 4 uur voltooi word nie. NEE!! Verbeel jou!!! Langer as 5 uur. Watter regdenkende persoon kan in die "Een-en-twintigste eeu" so 'n som maak? Skandelik - Nou vou die minister en sy totale padbestuur in sy volle totaliteit. 
Tog darem sekere sake afgehandel - sonder die AFSPRAAK!! Besluit ons om liewer nie met dieselfde pad terug te ry nie. Daar is egter nie kort paaie vanaf Standerton terug na Ventersburg nie. Ons swaai die neus na Johannesburg. R25 is die pad nommer. Nou is ons nie in die Vrystaat nie. Ons vorder redelik. Selfs die Grondpad na Villiers was "geskraap" Vrystaat Departement - stuur iemand om te gaan kyk hoe werk 'n padskraper - en stuur dit dan asseblief na die pad vanaf Ventersburg na Steynsrys!!! Villiers lĂȘ in die Vrystaat. Die padverantwoordelikheid van die geagte minister van Polisie, paaie en vervoer. Daar het die nagmerrie skielik weer aangegaan. Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry!Stop en ry!Stop en ry! Stop en ry! Stop en ry! Selfs een keer gesit en wag dat die EEN wat die stopteken moes omdraai - haar koeldrank klaar drink - totdat sy LUS was om die teken om te draai. NOu het dit so gegaan tot in Edenville. Gelukkig is die pad redelik herstel tot in Kroonstad. Toe vat ons die RYKMANS N1 - genadiglik is daar nie tolgeld tussen Kroonstad en Ventersburg nie. Volle 11 en half uur op die pad van Stop en ry!  En WAG! Wonder hoeveel manure is so net vandag GEMORS!!!! ???

No comments:

Post a Comment