So het ek nou al vir maande pyn hier in die omgewing van waar mens se maag sit. Tot die dokters kon nie regtig 'n presiese vinger sit op die probleem nie. Toe iewers in Februarie van 2013, kry ons toe 'n afspraak in Bloemfontein by 'n vooraanstaande dr. - 'n internis. Die eintlike doel van die dr. was om my te help om by Universitas uit te kom vir toetse. Dis nie so maklik om by die hospitaal it te kom nie.
So is ons Bloem toe vir die ondersoek. Sy - die dokter - het toe sommer 1,2,3, gereël by 'n dr. wat in die hospitaal die "kameraslukwerk" hanteer. Die gouste afspraak was die 25ste Jan. By 'n sekere dr. S....
Na 'n netjiese en deeglike ondersoek, en baie vrae het hy ook aanbeveel dat ek 'n sonar en 'n kolonoskopie moet laat doen. Die afspraak is gemaak vir die 12de Februarie 2013.
Vandag is nou die 11de Februarie, ons is die oggend so by 11 uur uit WP oord weg na Bloem. Ek moes nog eers in Bloemfontein by 'n bank uitkom, aangesien die hospitaal 'n 3 maande bankstaat wou hê. Omdat ons nie meer 'n FNB bank in Ventersburg het nie het ek gereken om die sommer in die stad te kry. So draai ons toe af by Noordstad se afdraai. Daarvandaan reguit na Prellerplein vir 'n FNB bank. Soos in alle besighede van die nuwe Suid-Afrika val mens weg met 'n sitting van WAG!Gelukkig nie te lank gewag, om die state te kry was sommer gou-gou.
Daarvandaan na Eben en Susan se huis. Sy is tuis met 'n afbeen. So net na 1 daar ingeklok.
Laat ek nou eers net bietjie terug gaan na die program wat nodig was vir die kamera ondersoek:
Daar is 'n drie dae voorbereiding voorgeskryf vir die affêre. Drie dae voor die ondersoek moet mens ophou kos eet. Dan is dit eers 'n sterk dosis purgasie, eintlik dubbel sterk. Geen vaste kos nie - Nee - net 'n sagte dieet. met baie water! Dan kom twee dae voor die ondersoek, noe is dit net water en deurskynende vloeistowwe. Iets soos water en jellie en 'n glasie warm Bovril. So honger hulle jou uit. Intussen begin die vorige dag se purgasie werk en soek jy kort-kort die toilet op. Dan een dag voor die ondersoek was die aakligste. Dan skryf hulle dieselfde dieet voor as vir dag twee - behalwe - om 2uur begin jy 'n "Kleen" proses. Vier liter van die aardige goed moet ingeneem word. Die goed smaak net so duskant kots. so 'n dikkerige soort soutwater.
Dis nou juis vir die proses wat ons die middag van die 11de in Bloemfontein moes wees. Jy moet binne vyf of ses tree van 'n toilet af wees. Eerste 2 liter moet klaar wees om 4 uur. Dan om sesuur begin mens met die tweede 2 liter. Jy versuip amper in die goed en dan moet jy nog water ook tussenin drink. Ek beloof julle - dis die goed wat mens se maag die vinnigste aan die werk kry, wat ek nog beleef het. Tot laat in daardie nag boer jy op die ovaal witbank.
Ons moes maar vroeg roer want ons moes om 7 uur by die hospitaal inklok. Daar sit jy af na die WAGSTOELE. Daar het reeds paar mense gesit en WAG. Gelukkig was daar darem paar mense besig met die registrasie van mense se inname in die hospitaal. Daar kry jy 'n lêer met naamplakkers met jou hele geskiedenis op. Sonder die lêer gebeur daar niks in die hospitaal nie. O Ja!! Ook die bloukaart! Onontbeerlik in die sake van die Provinsiale Gesondheidsdepartement.
Ons eerste afspraak was by die Sonarafdeling.
Daar was ons te vroeg vir die mense wat daar werk. So ons moet maar weer WAG!
Na so 'n uur het hulle daar aangekom. Snaaks genoeg die eerste naam wat toe geroep word, was myne. Dit was nou vir jou 'n ander ondervinding. Skynbaar is dit dieselfde apparaat wat hulle gebruik as hulle na babaties kyk in moeders. Hemp uit! Broek af tot onderkant die blaas. Twee dokters is daar. Die een nog aan die leer om die Sonarrekenaar te gebruik. Hy het homself aan my voorgestel en toe begin met "Sonar" Later het die leermeesteres kom hand bysit. Hulle twee het alles bespreek wat hulle sien. Ek kon maar net lê en luister. Elke orgaan wat hulle "sien" is benoem en bekyk en gemeet en bespreek. Die maag, die aorta, die slukderm, die galblaas, die longe, die lewer, die blaas, die niere, die kliere, die blaas en die pankreas en dan ook nog die prostaat. Dis maar net die wat ek kan onthou. Uiteindelik was die les verby. Ek het gevra of alles gestoor word. Sy het toe gesê dat alles noukeurig op die rekenaars gestoor word. Gereed vir watter dokter dit ook mag nodig kry. Daarna is ons toe na die kolonoskopie afdeling toe. Jip!! WAG! Dit was 'n ordentlike geWag! Vir ure!
Uiteindelik is ek geroep. Papiere invul, weeg en lengte gemeet. Toe weer terug vir WAG1. Na wat gevoel het soos 'n ewigheid is ek toe in na die "teater" Broek it onder kombers o die ondersoek tafel. Bloedddruk meet. Soek na are op die hand. Niks gekry. Toe maar die aar in die arm. Daar is die naald met die aargoedjies toe aan. Intussen moes ek toestemming teken. Die dokter was gereed. Hulle spuit toe iets in my keel wat die moes doodmaak. Dan byt jy ;n stukplastiek vas met 'n gat daarin. Toe druk hulle die dikke kamerapyp in my keel in. Dit was baie onaangenaam. Jy voel naar en baie ongemaklik. Dit was gelukkig redelik gou verby - al het dit soos ure gevoel. Toe draai hulle die bed vir die onderin kamera - Daar het ek genadiglik ondergegaan - seker soort van narkose of iets dergliks maar ek het eers weer in die herstelkamer bygekom. Toe was alles verby,
Dokter het later daar aangekom en gesê dat hy 'n opvolgbesoek sal reël. Dit is nou daar by die 9de April.
Groetnis Eben
AAAI PA skryf ma weer n stukkie asb vir die nageslag...
ReplyDelete