Baie min mense sal hierdie 3 - Musiek, rekenaars en houwerk bymekaar kan bring. Tog was dit so met my hele lewe. Die grootste deel van my bestaan - 'n houtwerkonderwyser. Tog het musiek so deel van lewe geword dat ek nie kan dink hoe ek daarsonder sal funksioneer nie. Sien - my eie moeder was die bron en planter van die musiek in my lewe. Ek het daarmee groot geword. Kan onthou toe ek musiek geneem het by die skool. Die kern van daardie "musiek" was Oefen en Oefen en oefen. Omdat my moeder self musiekonderwyseres was, kon daar nie smiddae ge-oefen word nie. Daarom was die oefentyd van 5 uur in die oggend tot 6. Winter en somer. Nadat my moeder oorlede is, het ek haar klavier en baie baie musiekboeke ge-erf. Van daardie boeke is seker "musiekAfrikana" Heelwat van hulle het datums in van in die 1880 to 1950's Dan weer baie ander met latere datums. Sou dit graag wou deel met iemand wat weer groot waarde daaran sal heg. Vandag speel ek net vir my eie plesier en genot klavier en orrel.
Die rekenaars in my bestaan vertel ook 'n besondere verhaal. Reeds in 1982 - 1983 my eerste rekenaar gekoop. Gou was dit 'n onmisbare instrument. Vir die opstel van toetse en eksamens. Met 'n Epson drukker - waarvan die lint uitgehaal is - het ons wasvelle gedruk (tik) om die toetse en eksamenvraestelle dan af te rol met 'n afrolmasjien. Min nuwe onderwysers ken nog daardie soort apparaat. Toe het ek 'n vraebank daarop begin saamstel. Tyd en spasi loop uit. Vandag se rekenaars het weer totaal nuwe gebruike en funksies wat ongelooflike tegnologie gebruik. Kan tot van aangesig tot aangesig met my kinders gesels - al is sy in Nederland. Ons hoor en sien mekaar en gesels te heerlik.
Verseker is daar drie komponenet nog steeds my daaglikse brood en botter en konfyt - of plesier.
Baie groete
ET .
So dis hoekom pa elke dag so vroeg opstaan :0)
ReplyDeletemooi blog! moet meer skryf xxx min dae
Jolene Labuschagne
ReplyDeleteEk is bietjie dom om kommentaar op die blog te lewer, maar, Eben, ek dink nie ek sal ooit daardie squeeeeeeeeek geluid van die epson drukker sonder lint wat julle so mee gedruk het uit my brein kan vee nie!